Hi Mariette,
Ek hoop dit gaan goed. Ek wou net nou dat ons terug is in die regte wereld en dinge weer bietjie rustiger gaan graag vir jou baie dankie se vir al jou hulp en harde werk met ons troue. Jy en jou personeel het ons rerig baie gemaklik laat voel en gehelp dat ek oor niks hoef te bekommer nie en net kon ontspan en die dag geniet.
Dit was sowaar die mooiste en lekkerste dag van my lewe, en almal het die troue, die venue en veral die kos vreeslik baie geniet! So vreeslik baie dankie, sonder jou sou die dag nie so groot sukses gewees het nie!!